Iederies

Iederies
إدريس
(Henog)
Islamitiese profeet
Iederies besoek die hemel en die hel.
Iederies besoek die hemel en die hel.
Ander name  (חֲנוֹךְ Ḥănōḵ)
Gebore  Babilon
Familie
Vader  Jard ibn Mahla'il
Moeder  Barkana[1]
Gade  Aadanah
Kinders  Matusjalach ibn Idris

Iederies, of Iederies ibn Jard ibn Mahlail[2] (Arabies: إدريس; Engels: Idris), was ’n antieke profeet wat in die Koran genoem word. Hy word beskou as die tweede Islamitiese profeet ná Adam en word in die Koran beskryf as "waarheidsliewend" en "geduldig",[3] en hy het ’n "hoë aansien" gekry.[4][5]

As gevolg hiervan en ander ooreenkomste word Iederies tradisioneel verbind met die Bybelse Henog,[6] seun van Mahalalel, en daarom word hy in die vroeë geslagte van Adam geplaas. Dus is hy een van die Islam se oudste profete wat in die Koran genoem word, iewers tussen Adam en Noag.[7] Iederies se unieke status[8] het baie latere tradisies en verhale oor hom in die Islam geïnspireer.

Volgens hadit het Mohammed hom op sy Nagreis in die vierde hemel teëgekom.[9]

  1. Maqsood, Ruqaiyyah Waris. "Adam to the Banu Khuza'ah". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2016. Besoek op 29 Julie 2018.
  2. "Akhnukh [said to be Idris] son of Yarid - Family Tree Diagram by Happy Books, The Islamic Children's Book Publishers". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  3. Koran, Soera 19:56 en Soera 21:85
  4. Koran, Soera 19:57
  5. Encyclopedia of Islam, "Idris", Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 344
  6. Encyclopedia of Islam, Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 559
  7. Encyclopedia of Islam, Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 344
  8. Encyclopedia of Islam, Juan Eduardo Campo, Infobase Publishing, 2009, bl. 344
  9. Hadit: http://www.usc.edu/org/cmje/religious-texts/hadith/muslim/001-smt.php#001.0309 Geargiveer 28 November 2015 op Wayback Machine 1:309, 1:314

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search